SKRYWER - GERRIE RADLOF
Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 - 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op 'n redelike jong ouderdom in 'n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer speurder reeks.
Gerrit Lubbe van Zyl was baie lief vir sy Kaapse verhale en ook die Voortrekker era en skryf hy meer as vyftien hardeband boeke en meer as sewentig sagteband boeke in sy loopbaan. Sy Oloff die seerower was en is vandag nog net so gewild as vroeër en gee Fantasie uitgewers tans weer sy hele reeks boeke uit. Onder die skuilnaam Dirk Lubbe breek hy bietjie weg van die land se geskiedenis en skryf hy 'n speur reeks in hardeband. Enige Gerrie Radlof boek word vandag verslind en is sy boeke uiters skaars om in die hande te kry, vanweë sy kwaliteit boeke wat hy geskryf het.
REEKSE DEUR GERRIE RADLOF
Boeke & Reekse
Oloff die Seerower Reeks
Die alombekende seerower Oloff se avonture op die see – 24 boeke in die Pionierboeke-reeks, vandag nog net so gewild.
Bekyk 24 Voorblaaie →
Ramala Reeks
Die langste Gerrie Radlof-reeks met 32 boeke – avontuurverhale van die held Ramala in Afrika se wildernis.
Bekyk 32 Voorblaaie →
SA Polisie Reeks
Gerrie Radlof se 6 meesterlike speurderverhale in die gewilde SA Polisie Pronkboeke-reeks (boeke 13–18).
Bekyk 6 Voorblaaie →
Swerwer Speurder Reeks
Gerrie Radlof se 9 meesterlike verhale in die gewilde Swerwer Speurder-reeks (boeke 6–14).
Bekyk 9 Voorblaaie →
Tamar Reeks
Die kort maar boeiende Tamar-reeks – 2 boeke oor die held Tamar van die woud.
Bekyk 2 Voorblaaie →