OLOFF DIE SEEROWER REEKS - PIONIER BOEKE
Hy doen hom voor as een van die berugte seerowers van die ooste, om so toegelaat te word tot die seerowers se nes in Deelenbaai en in die proses kom hy binne bereik van sy vyand se doen en late. Mettertyd skaf hy vir hom twee pragskepe aan, wat se gelyke nie bestaan nie en bevry hy slawe wat toe as bemanning op sy twee pragskepe dien. Oloff self is die kaptein van die skip, Die Seewraak, en Henning Roux die kaptein van sy ander skip, Die Jansje Meer. Heem Beyers en Sias Myburgh is onderskeidelik die kanonniers van die twee skepe. Die vier van hulle is groot vriende en saam durf hulle die berugte seerowerkapteins van die Ooste aan, in die een spanningsvolle verhaal na die volgende. In een verhaal red Oloff vir Rynette du Bois uit die hande van seerowers en om sake bietjie te bemoeilik is daar ook nog 'n ander beeldskone nooi van die Kaap, met die naam van Anna te Hoogen, wat beide om sy hand meeding. Die verhale speel regoor die wêreld af en is propvol aksie, avontuur, drama en spanning.
Gerrie Radlof is vandag nog steeds geen onbekende as dit kom by uitstekende Kaapse en seerower verhale nie en sy boeke bly baie skaars en populêr by oud en jonk. Hy skryf oorspronklik 24 boekies in die betrokke reeks, waarvan net 23 in die tagtigerjare weer uitgegee is. In die Sirkel uitgawes van die tagtiger jare is van die boeke se name en uitgee volgorde foutief. Verder is Gerrie Radlof se van aan die einde ook verkeerdelik met twee f's gespel. Sien gerus "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.
VOORBLAAIE VERSAMELING
24 Items
Die seewraak
Die skuim van die see
Kaptein Oloff
Die verraaier
Drie vreemde kapers
Die losprys
Die valk in die kraaines
Die spioen
Aasvoëls van die see
Die swart seemeeu
Die vloot van verwoesting
Die arm uit die see
Die seerower se buit
Die blou robyn
Die spookskip van Biskaje
Die kus van Barbarye
Die skedel
Haaie van die Ooste
Die verslete mantel
Skuilplek van die rowers
Die geel draak
Slaaf van die vyand