SKRYWER - MEIRING FOUCHE
Meiring Fouche is die skuilnaam van Francois Alwyn Venter (27/11//1916 - 8/1/1997) en is een van Suid Afrika se top skrywers wat oor 'n wye reeks van onderwerpe kon skryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Gekneldelde land en Bedoelde land. Na die vroeë dood van Braam le Roux, neem F.A. Venter die bekende Swart Luiperd reeks oor by Braam le Roux en voltooi die reeks van sewentig boeke.
Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy ook verskeie ander reekse (Baanbrekers reeks, Ryk Schoonraad reeks, Maagd van die see reeks en Fabel Retief reeks), waarvan die Sahara avontuur reeks seker een van sy heel beste reekse is. Hy het ook verskeie ander boeke geskryf, in byvoorbeeld die uiters gesogte reeks genaamd die SA Polisie reeks, terwyl 'n paar losstaande sagteband boeke ook uit sy pen verskyn het. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke. F.A. Venter het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en is sy boeke vandag hoog in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk.
REEKSE DEUR MEIRING FOUCHÉ
Boeke & Reekse
Baanbrekers Reeks
Aksieverhale oor die baanbrekers en pioniers van Afrika – 2 boeke vol avontuur en gevaar.
Bekyk 2 Voorblaaie →
Fabel Retief Reeks
Die speurder Fabel Retief los saak na saak op in hierdie gewilde 7-boekige speurreeks.
Bekyk 7 Voorblaaie →
Maagd van die See Reeks
Seerower- en marinenavontuurverhale in hierdie bekende Pronkboeke-reeks van 9 boeke.
Bekyk 9 Voorblaaie →
Ryk Schoonraad Reeks
Die avontuurreeks van die held Ryk Schoonraad – 2 boeke vol spanning en aksie.
Bekyk 2 Voorblaaie →
SA Polisie Reeks
Meiring Fouché se 6 meesterlike speurderverhale in die gewilde SA Polisie Pronkboeke-reeks (boeke 19–24).
Bekyk 6 Voorblaaie →
Sahara Avontuur Reeks
Die ikoniese Sahara-woestyn avontuurreeks van Teuns Stegmann met 40 Pronkboeke – Fouché se meesterstuk.
Bekyk 40 Voorblaaie →
Swart Luiperd Reeks
Na Braam le Roux se dood het F.A. Venter (Meiring Fouché) die reeks oorgeneem en boeke 46 tot 70 voltooi.
Bekyk 25 Voorblaaie →