SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

SANDBERGH BEYERS BOEKE

Die Sahara woestyn is die wêreld se grootste, warm woestyn en beslaan ʼn oppervlakte van ongeveer 9 miljoen vierkante kilometer. Dit is omtrent dieselfde grootte as die Verenigde State van Amerika. Die Sahara is geleë in Noord-Afrika en die naam, “Sahara”, is ’n Westerse uitspraak van die Arabiese woord vir woestyn.

Die sandvlakte wat uit die fynste gesteente bestaan, maak net 20% van die totale oppervlakte uit. Naas die sandvlakte of sandwoestyn kom talle rotsagtige dele ook voor. Die grondoppervlak word partykeer so warm as 77°C, maar snags daal die temperature weer skerp, by sommige plekke selfs tot onder vriespunt. Hierdie groot uiterstes van temperature het daartoe bygedra dat die Sahara mettertyd ’n woestyn geword het. Die hitte van die dag laat die rotse uitsit, terwyl die skerp daling in temperatuur snags en die gedurige verdamping hulle weer laat kraak. Sterk winde is ook voortdurend besig om die rotsbrokkies teen mekaar te skuur en mettertyd tot sand te verpoeier. In ’n groot deel van die Sahara is water baie skaars, hoewel die bergagtige streke gereeld reën kry. Die ander dele kry net een keer elke twee tot vyf jaar reën. Die Sahara woestyn is dus nie net een see van sand nie, soos baie mense mag reken nie, (Wikipedia).

Ten spyte van die ongenaakbare wêreld vol gevare, het die Sahara woestyn ʼn bekoring vir baie mense. Dit is daarom nie verbasend dat baie stories en flieks gemaak word wat in die onherbergsame deel van die wêreld plaasvind nie. Hierdie Sahara woestyn reeks van Vreemdelegioen soldate se ervaringe in die magtige Sahara woestyn, uit die pen van Sandbergh Beyers, is dan ook geen uitsondering nie. Hy het dit reggekry om ʼn uitstekende reeks van 13 episodes te skryf en gaan die leser onder andere sy beskrywings van die Sahara woestyn en verder al die drama wat daarin plaasvind, geweldig geniet. Voorwaar 'n uitstekende reeks wat nie sal teleurstel nie.

⭐ 13 Voorblaaie Gelys 📚 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

13 Items
#1 Bloedspore in die Sahara

Bloedspore in die Sahara

Sandbergh Beyers 1955
#2 Bloedhond in die Sahara

Bloedhond in die Sahara

Sandbergh Beyers 1955
#3 Skaduwee oor die Sahara

Skaduwee oor die Sahara

Sandbergh Beyers 1955
#4 Wraak trek oor die Sahara

Wraak trek oor die Sahara

Sandbergh Beyers 1955
#5 Makkers van die dood

Makkers van die dood

Sandbergh Beyers 1955
#6 Bloedige robyn

Bloedige robyn

Sandbergh Beyers 1956
#7 Gebied Zero

Gebied Zero

Sandbergh Beyers 1956
#8 Die muiters

Die muiters

Sandbergh Beyers 1956
#9 So donker die wraak

So donker die wraak

Sandbergh Beyers 1956
#10 So soet die wraak

So soet die wraak

Sandbergh Beyers 1956
#11 Tempel van geweld

Tempel van geweld

Sandbergh Beyers 1956
#12 Straf-Ekspedisie

Straf-Ekspedisie

Sandbergh Beyers 1957
#13 Gil in die nag

Gil in die nag

Sandbergh Beyers 1958