#1
Die SA Polisie reeks handel oor ’n konstabel met die naam van Kobus Roode. Hy is ’n sterk geboude man met bruin hare wat altyd kort gesny is, sodat dit soos ’n borselkop vertoon. Sy verhaal begin as student toe hy en twee van sy beste vriende in die Drakensberge gaan kamp het. Daar ontbloot hulle ’n geheime wapenarsenaal en wapenfabriek wat diep onder die aarde versteek is.
Braam le Roux het die eerste 12 meesterlike boeke in hierdie gewilde reeks geskryf (1954–1957) waarin Kobus Roode se loopbaan vinnig opgang maak en hy die een groot saak na die ander oplos vol aksie, drama en spanning.
| Reeksnommer: | - |
| Skrywer / Outeur: | - |
| Uitgewer: | - |
| Jaartal: | - |