SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

OLOFF DIE SEEROWER REEKS - SIRKEL BOEKE

Oloff die seerower reeks is seerower verhale op sy allerbeste en geskryf deur een van Suid Afrika se meester skrywers van toeka, naamlik Gerrie Radlof. Dit handel kortliks oor Oloff van Wagenaar se vader wat deur 'n seerower met die naam van Ben van Osse doodgeskiet word. Kort tevore het hy vir sy seun in Holland geskryf om vir hom te kom kuier in die Kaap. Omrede Oloff van Wagenaar ook rooi hare en blou oë het en op 'n haar na soos Ben van Osse lyk, word hy van moord op sy vader verdink, want die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap reken sy ma het hom opgesteek om dit te doen, omdat sy vader haar in Holland verlaat het. En net daar begin die verhaal van Oloff, om nie net sy onskuld as voortvlugtige te probeer bewys nie, maar neem hy ook 'n eed dat hy nie sal rus voor hy nie die waterweë van die Ooste bevry het van die seerowereuwel nie.

Hy doen hom voor as een van die berugte seerowers van die ooste, om so toegelaat te word tot die seerowers se nes in Deelenbaai en in die proses kom hy binne bereik van sy vyand se doen en late. Mettertyd skaf hy vir hom twee pragskepe aan, wat se gelyke nie bestaan nie en bevry hy slawe wat toe as bemanning op sy twee pragskepe dien. Oloff self is die kaptein van die skip, Die Seewraak, en Henning Roux die kaptein van sy ander skip, Die Jansje Meer. Heem Beyers en Sias Myburgh is onderskeidelik die kanonniers van die twee skepe. Die vier van hulle is groot vriende en saam durf hulle die berugte seerowerkapteins van die Ooste aan, in die een spanningsvolle verhaal na die volgende. In een verhaal red Oloff vir Rynette du Bois uit die hande van seerowers en om sake bietjie te bemoeilik is daar ook nog 'n ander beeldskone nooi van die Kaap, met die naam van Anna te Hoogen, wat beide om sy hand meeding. Die verhale speel regoor die wêreld af en is propvol aksie, avontuur, drama en spanning.

Gerrie Radlof is vandag nog steeds geen onbekende as dit kom by uitstekende Kaapse en seerower verhale nie en sy boeke bly baie skaars en populêr by oud en jonk. Hy skryf oorspronklik 24 boekies in die betrokke reeks, waarvan net 23 in die tagtigerjare weer uitgegee is. In die Sirkel uitgawes van die tagtiger jare is van die boeke se name en uitgee volgorde foutief. Verder is Gerrie Radlof se van aan die einde ook verkeerdelik met twee f's gespel. Sien gerus "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

⭐ 23 Voorblaaie Gelys 📚 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

23 Items
#1 Die swaardvegter

Die swaardvegter

Gerrie Radlof 1980's
#2 Die seewrak

Die seewrak

Gerrie Radlof 1980's
#3 Die skuim van die see

Die skuim van die see

Gerrie Radlof 1980's
#4 Kaptein Oloff

Kaptein Oloff

Gerrie Radlof 1980's
#5 Die verraaier

Die verraaier

Gerrie Radlof 1980's
#6 Drie vreemde kapers

Drie vreemde kapers

Gerrie Radlof 1980's
#7 Die losprys

Die losprys

Gerrie Radlof 1980's
#8 Die valk in die kraaines

Die valk in die kraaines

Gerrie Radlof 1980's
#9 Die spioen

Die spioen

Gerrie Radlof 1980's
#10 Aasvoëls van die see

Aasvoëls van die see

Gerrie Radlof 1980's
#11 Die swart seemeeu

Die swart seemeeu

Gerrie Radlof 1980's
#12 Die vloot van verwoesting

Die vloot van verwoesting

Gerrie Radlof 1980's
#13 Die arm uit die see

Die arm uit die see

Gerrie Radlof 1980's
#14 Die seerower se buit

Die seerower se buit

Gerrie Radlof 1980's
#15 Die blou robyn

Die blou robyn

Gerrie Radlof 1980's
#16 Die spookskip van Biskaje

Die spookskip van Biskaje

Gerrie Radlof 1980's
#17 Die kus van Barbarye

Die kus van Barbarye

Gerrie Radlof 1980's
#18 Haaie van die Ooste

Haaie van die Ooste

Gerrie Radlof 1980's
#19 Die skedel

Die skedel

Gerrie Radlof 1980's
#20 Die verslete mantel

Die verslete mantel

Gerrie Radlof 1980's
#21 Die geel draak

Die geel draak

Gerrie Radlof 1980's
#22 Slaaf van die vyand

Slaaf van die vyand

Gerrie Radlof 1980's
#23 Kapers op die kim

Kapers op die kim

Gerrie Radlof 1980's