KID DIE SWERWER REEKS
Dit was beslis een van die gewilde keuses wanneer dit by "cowboy" boekies gekom het. Die reeks speel af in die Amerikaanse weste, net na die Amerikaanse burger oorlog. Kid het blykbaar vir die Amerikaanse regering gewerk en hy was daar 'n soort geregsdienaar gewees. Hy was egter sover ek weet, nooit as "sheriff" of "marshall" of as iets soortgelyks geïdentifiseer nie. Hy was 'n snelskut van formaat en was ook baie handig met sy vuiste. Kid was gewoonlik op die spoor van misdadigers van daardie era.
Elke boekie bevat die gebruiklike vuisgeveg en die gebruiklike finale skietgeveg, waarin die boewe dan uitgeroei word. Sy akkurate skietwerk het gesorg dat min van sy teenstanders dit oorleef het. Die rol van Kid is deur minstens twee akteurs vertolk - geen erkenning word aan die akteurs gegee nie, so ook nie aan die skrywer nie. Van die twee bekende vertolkings was die eerste Kid waarskynlik die meer oortuigende karakter. Vanaf ongeveer nommer 153 het ons die tweede Kid in aksie begin sien. Kid sorg ook vir 'n bietjie aksie in die helde album, (deur Koos Papenfus).


65. Kid Die Swerwer - Einde van die bloedspoor 121. Kid Die Swerwer - Vir elkeen 'n koeël

123. Kid die Swerwer - Die laksman wag 124. Kid die Swerwer - Want dit is sy lot...


125. Kid die Swerwer - En nou, my wraak 126. Kid die Swerwer - Red my dogter

128. Kid die Swerwer - Wraak sal daar wees 130. Kid die Swerwer - Skuilplek van die jakkals

134. Kid die Swerwer - 'n Koeël is jou loon 135. Kid die Swerwer - Einde van jou pad

136. Kid die Swerwer - Saam met die vyand 138. Kid die Swerwer - Man sonder gewete

141. Kid die Swerwer - Pa se seun 142. Kid die Swerwer - Tot hier toe


144. Kid die Swerwer - Sluiper op die spoor 145. Kid die Swerwer - Slang in die gras


147. Kid die Swerwer - So sal jy boet 148. Kid die Swerwer - Die dood ry saam


149. Kid die Swerwer - 'n Dag vir moord 150. Kid die Swerwer - Die buiters

151. Kid die Swerwer - Bloedgeld 152. Kid die Swerwer - Rusplek vir 'n swerwer

156. Kid die Swerwer - Wag vir die waarheid 167. Kid die Swerwer - Boodskap van onheil

172. Kid die Swerwer - Lokval vir die jagter 173. Kid die Swerwer - Want ek is jou laksman