SKRYWER - FRANS GERICKE
Frans Gericke was byvoorbeeld die skrywer van die Jaap Zeeman reeks, 'n voorganger van die meer alombekende Oloff die Seerower reeks deur Gerrie Radlof. Gerrie Radlof het seer sekerlik van sy inspirasie/idees gekry vir sy Oloff reeks vanaf die Jaap Zeeman boeke? So ver bekend is Frans Gericke se boeke slegs een maal gepubliseer en dus uiters skaars, maar sy boeke is vol aksie en sy skryfstyl 'n ware groot genot om te lees en te waardeer. Sy baie gewilde Wit Mamba reeks het byvoorbeeld die verbeelding van oud en jonk aangegryp wat die voorreg gehad het om dit te kon gelees het. Frans Gericke het ook meer as tien riller boeke geskryf, wat mens vir altyd bybly na jy dit gelees het.
REEKSE DEUR FRANS GERICKE
Boeke & Reekse
Wit Mamba Reeks
Die gewilde oerwoud-avontuurreeks van 15 boeke vol aksie, gevaar en geheimsinnige stamme in Afrika.
Bekyk 15 Voorblaaie →
Jaap Zeeman Reeks
Legendariese vroeë seerowerreeks van 9 boeke wat die grondslag gelê het vir klassieke Afrikaanse see-avonture.
Bekyk 9 Voorblaaie →