#1
Die Elda van Eck reeks is 'n vroue speurder reeks geskryf deur Hermie Hendriks. Elda van Eck is 'n intelligente en dapper vroue speurder wat in 7 spannende verhale verskeie misdade en mysteries opgelos het. Die reeks is uitgegee deur Pronk Boeke in die vroeë sestigerjare en is 'n besondere bydrae tot die Afrikaanse sagteband genre. Hierdie reeks is tans relatief skaars en word naarstig gesoek deur versamelaars van Afrikaanse pulpfiksie.
Hermie Hendriks (9/6/1925 - ) is die broer van Reinhardt Hendriks wat die bekende Rooi Jan reeks geskryf het. Buiten sy sagteband boeke, het hy ook heelwat hardeband boeke geskryf in sy leeftyd. Sy Elda van Eck reeks en die Diamantveld Avontuur reeks is albei bewyse van sy veelsydige skryftalent.
| Reeksnommer: | - |
| Skrywer / Outeur: | - |
| Uitgewer: | - |
| Jaartal: | - |