SKRYWER - CASPER H. MARAIS
Casper H. Marais is die skuilnaam van Reinhardt Hendriks (24/3/1911 - 1959) en is seker een van die mees onderskatte skrywers in Suid Afrika se geskiedenis wat eintlik heelwat meer krediet moet kry. Ironies genoeg is sy baie bekende Rooi Jan reeks, onder die skuilnaam van Casper H. Marais, vandag nog in baie groot aanvraag by oud en jonk en selfs versamelaars gaan uit hulle pad uit om sy boeke in die hande te kry. Die Rooi Jan reeks is enige tyd net so gewild of selfs gewilder as die Swart Luiperd reeks van Braam le Roux en die held in die stories word as 'n afrikaanse Tarzan beskou. Hy skryf ook die Mank mannetjie reeks wat in sagteband uitgegee is en handel oor 'n spook, maar hier wel onder sy eie naam.
Onder Reinhard Hendriks skryf hy ook meer as dertig boeke in die Temmers van die woestyn reeks, wat afspeel in Suid Afrika en tereg as ons weergawe van die "cowboy" era beskou kan word. Enkele losstaande boeke word onder die skuilnaam van Andre Murat geskryf, terwyl Reinhardt Hendriks meer as vyftig hardeband boeke in sy leeftyd geskryf het. Saam met die meer as tagtig sagteband boeke, is Reinhardt Hendriks beslis een van Suid Afrika se grooste skrywers wat vandag nog groot aanhang vind by lesers van alle ouderdomme.
REEKSE DEUR CASPER H. MARAIS
Boeke & Reekse
Mank Mannetjie Reeks
Spookstories van die Mank Mannetjie – 6 bysondere boeke geskryf onder die naam Casper H. Marais.
Bekyk 6 Voorblaaie →
Rooi Jan Reeks (APB)
Die vroeë Rooi Jan – Afrikaanse Tarzan – avonture in die APB-uitgawe, met 24 boeke vol oerwoudspanning.
Bekyk 24 Voorblaaie →
Rooi Jan Reeks (Pronk)
Die gewilde Pronkboeke-uitgawe van die Rooi Jan-reeks – 16 boeke van die ikoniese Afrikaanse oerwoudheld.
Bekyk 16 Voorblaaie →
Temmers van die Woestyn
Reinhardt Hendriks (Casper H. Marais) se 35 woestynavontuurverhale in die gewilde Temmers van die Woestyn-reeks (boeke 40–74).
Bekyk 35 Voorblaaie →ENKELBOEKE DEUR CASPER H. MARAIS (REINHARDT HENDRIKS)
Losstaande Boeke
Andre Murat (Pronk Boeke)
Onder die skuilnaam Andre Murat skryf hy 4 losstaande spanningsverhale vir Pronkboeke.
Bekyk 4 Voorblaaie →