SKRYWER - BRAAM LE ROUX
Braam le Roux is die skuilnaam van Abraham le Roux Botha (28/8/1918 - 31/12/1956). Hy het feitlik al sy boeke onder die betrokke skuilnaam geskryf. Hy is egter tragies oorlede op 'n jong ouderdom van 38 jaar. Vandag word Braam le Roux allerweë beskou as een van die grootste afrikaanse sagteband storieverhaal skrywers wat die land nog opgelewer het. In sy kort leeftyd het hy meer as 'n honderd sagteband boeke en meer as tien hardeband boeke geskryf en dit ewenaar ander groot skrywers soos Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Casper H. Marais (skuilname), wie dit egter 'n leeftyd geneem het om ook meer as 'n honderd boeke te kon skryf.
Het Braam le Roux sy lewe lank boeke geskryf, sou hy vandag seker ongetwyfeld bekend gewees het as die grootste afrikaanse sagteband storieboek skrywer in Suid Afrika se geskiedenis. Ten spyte van sy baie kort skryf loopbaan, was sy bekende Swart Luiperd reeks uiters gewild onder veral die jong mense en selfs vandag is die betrokke boeke nog in groot aanvraag by oud en jonk. Toe die betrokke reeks gedurende die vroeë vyftiger jare die eerste maal uitgegee was, het dit so goed verkoop, dat die uitgewers die betrokke reeks meer as vyf maal uitgegee het in minder as tien jaar. Buiten die Swart Luiperd reeks het Braam le Roux ook verskeie ander sagteband stories geskryf in ander, ook baie gewilde reekse, soos bv. Temmers van die woestyn reeks, SA Polisie reeks en Swerwer speurder reeks. Sy paar hardeband boeke was minder populêr, alhoewel dit vandag steeds gelees word deur ieder en elk.
REEKSE DEUR BRAAM LE ROUX
Boeke & Reekse
SA Polisie Reeks
Spannende Suid-Afrikaanse polisie-avontuurverhale in die Pronkboeke-reeks met 12 boeke deur Braam le Roux.
Bekyk 12 Voorblaaie →
Swart Luiperd Reeks
Die ikoniese oerwoud-avontuurreeks met 45 boeke deur Braam le Roux – sy bekendste en gevierdste werk.
Bekyk 45 Voorblaaie →
Swerwer Speurder Reeks
Die gewilde speurreeks waarin Braam le Roux die eerste 5 meesterlike verhale geskryf het (boeke 1–5).
Bekyk 5 Voorblaaie →
Temmers van die Woestyn
Avontuurverhale van die woestyn met helde en heldinne in 'n reeks van 39 boeke deur Braam le Roux (boeke 1–39).
Bekyk 39 Voorblaaie →
Woeste Laeveld Reeks 1
Vroeë laeveldsavontuurverhale saam met Dewald Brink – met 8 boeke in die eerste reeks.
Bekyk 8 Voorblaaie →
Woeste Laeveld Reeks 2
Voortsetting van die laeveldsavontuurverhale met nog 6 boeke boordevol spanning en aksie.
Bekyk 6 Voorblaaie →ENKELBOEKE DEUR BRAAM LE ROUX
Losstaande Boeke
Hoonlag van die Duiwel (1952)
Skaars enkelboek uitgegee deur Goeie Hoop Uitgewers (1952) – 'n klassieke meesterstuk van vrees en spanning.
Bekyk 1 Voorblad →