SKATKIS BOEKE - TREASURECHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

TEMMERS VAN DIE WOESTYN REEKS - PRONK BOEKE

Hierdie reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Hebron (later Winsorton). Dit was jare waar onrus en wetteloosheid aan die orde was van die dag.
Ten weste van Kimberley, wat toe gebloei het vanweë die ontdekking van diamante in die sestiger jare, was die wêreld nog onbewoond en onbeskaaf. Maar ver van die hart van Kimberley af, in die onherbergsame Noordweste, het die diamantkoors ook hoog opgevlam en sy talle slagoffers geëis. Die opbloeiende smokkelhandel in die blink klippe het geharde en taai manne die wreedheid van die woestyn laat trotseer. Wit watente of lang muilkaravane het oor die sandstroke van die Kalahari heen gerol, onderweg na die grens van Suidwes. Honderde manne het in diens van die geldgod in die woestyn se warm sand omgekom, van honger of van dors. Baie het ook gesterf aan die hande van sluipmoordenaars. Hulle het nie geskroom het om die bossie- en bergwêreld, van die Rooiberge af tot in die dorheid van die woestyn, met mensebloed te bevlek nie.


Duisende tente het langs die Vaalrivier verrys en mense het daar saam gedrom, op jag na die skittering wat enige oomblik uit die sand opgedelf gaan word. Vanaf Kimberley, met sy verskeidenheid van nasies en sy bont mengelmoes van mense en tale, sy stinkende kroeë en hotelle, waar dansmusiek tot laat in die aand die rooiwyn vinniger laat vloei het, met sy vet fortuinsoekers, dronk van die gif van Mammon, tot by Kuruman, Barkly-Wes en in die land van die Griekwas, was die geweer, die rewolwer, die vuis en die dolk meermale die enigste erkende wet. Die vinnigste en die slinksste het vet, ryk en sterk geword, terwyl die swakkeres onderdruk is. Hierdie tydperk kan tereg na verwys word as Suid Afrika se eie “cowboy” era, waartydens geen genade gevra of betoon was nie. Dit was ʼn harde tyd vir almal en daagliks was dus ʼn verbete stryd om oorlewing.

 

Die bekende vreemdeling - Braam le Roux (1953) Die wind beveel - Braam le Roux (1953)
1. Die bekende vreemdeling - Braam le Roux (1953) 2. Die wind beveel - Braam le Roux (1953)

Ek kom vannag - Braam le Roux (1953) Wyn met bloed - Braam le Roux (1954)
3. Ek kom vannag - Braam le Roux (1953) 4. Wyn met bloed - Braam le Roux (1954)

Gif vir die hart - Braam le Roux (1954) Vlamme teen die horison - Braam le Roux (1954)
5. Gif vir die hart - Braam le Roux (1954) 6. Vlamme teen die horison - Braam le Roux (1954)

Moordenaar in wit - Braam le Roux (1954) Wind oor haar graf - Braam le Roux (1954)
7. Moordenaar in wit - Braam le Roux (1954) 8. Wind oor haar graf - Braam le Roux (1954)

Gestaltes in die skemer - Braam le Roux (1954) Lantern in die nag - Braam le Roux (1954)
9. Gestaltes in die skemer - Braam le Roux (1954) 10. Lantern in die nag - Braam le Roux (1954)

Nag van wraak - Braam le Roux (1954) Geraamtes op die duin - Braam le Roux (1954)
11. Nag van wraak - Braam le Roux (1954) 12. Geraamtes op die duine - Braam le Roux (1954)

Skaduwees op die krans - Braam le Roux (1954)Sluipers in die nag - Braam le Roux (1955)
13. Skaduwees op die krans - Braam le Roux (1954) 14. Sluipers in die nag - Braam le Roux (1955)

Die dal van vrees - Braam le Roux (1955) Lied van die klowe - Braam le Roux (1955)
15. Die dal van vrees - Braam le Roux (1955) 16. Lied van die klowe - Braam le Roux (1955)

Berg van verraad - Braam le Roux (1955)Vlam van hartstog - Braam le Roux (1955)
17. Berg van verraad - Braam le Roux (1955) 18. Vlam van hartstog - Braam le Roux (1955)

Die nagwind ween - Braam le Roux (1955)Wees sterk my hart - Braam le Roux (1956)
19. Die nagwind ween - Braam le Roux (1955) 20. Wees sterk my hart - Braam le Roux (1956)

Die nag het oë - Braam le Roux (1956)Wolke voor die maan - Braam le Roux (1956)
21. Die nag het oë - Braam le Roux (1956) 22. Wolke voor die maan - Braam le Roux (1956)

Swerwer uit die Weste - Braam le Roux (1956) Vrees is my erfenis - Braam le Roux (1956)
23. Swerwer uit die Weste - Braam le Roux (1956) 24. Vrees is my erfenis - Braam le Roux (1956)

Vreemde maskers - Braam le Roux (1956)Ver lê die more - Braam le Roux (1956)
25. Vreemde maskers - Braam le Roux (1956) 26. Ver lê die more - Braam le Roux (1956)

Duiwels van die duine - Braam le Roux (1956)Ridders uit die bose - Braam le Roux (1956)
27. Duiwels van die duine - Braam le Roux (1956) 28. Ridders uit die bose - Braam le Roux (1956)

Kring van die aasvoël - Braam le Roux (1956)Swart wolk oor die Kalahari - Braam le Roux (1956)
29. Kring van die aasvoël - Braam le Roux (1956) 30. Swart wolk oor die Kalahari - Braam le Roux (1956)

Wag tot dagbreek - Braam le Roux (1957)Wolwe van die wildernis - Braam le Roux (1957)
31. Wag tot dagbreek - Braam le Roux (1957) 32. Wolwe van die wildernis - Braam le Roux (1957)

Moordenaars van die Kosiesberge - Braam le Roux (1957)Skerpioen van die Richtersveld - Braam le Roux (1957)
33. Moordenaars van die Kosiesberge - Braam le Roux (1957) 34. Skerpioen van die Richtersveld - Braam le Roux (1957)

Bloedspoor oor die kranse - Braam le Roux (1958) Nag van verskrikking - Braam le Roux (1958)
35. Bloedspoor oor die kranse - Braam le Roux (1958) 36. Nag van verskrikking - Braam le Roux (1958)

Die wurgbende - Braam le Roux (1958)Kraaie oor die wapad - Braam le Roux (1958)
37. Die wurgbende - Braam le Roux (1958) 38. Kraaie oor die wapad - Braam le Roux (1958)

Die rooi duiwel - Braam le Roux (1958)Die rowers van Koperlus - R. Hendriks (1958)
39. Die rooi duiwel - Braam le Roux (1958) 40. Die rowers van Koperlus - R. Hendriks (1958)

Spore in die sand - R. Hendriks (1958)Engel van wraak - R. Hendriks (1958)
41. Spore in die sand - R. Hendriks (1958) 42. Engel van wraak - R. Hendriks (1958)

Die swart ruiters - R. Hendriks (1958)Vyand uit die nag - R. Hendriks (1958)
43. Die swart ruiters - R. Hendriks (1958) 44. Vyand uit die nag - R. Hendriks (1958)

Die geheim van Ratelberg - R. Hendriks (1958)En hoër styg die waters - R. Hendriks (1958)
45. Die geheim van Ratelberg - R. Hendriks (1958) 46. En hoër styg die waters - R. Hendriks (1958)

Die blinde skut - R. Hendriks (1959)Ruiters in die nag - R. Hendriks (1959)
47. Die blinde skut - R. Hendriks (1959) 48. Ruiters in die nag - R. Hendriks (1959)

Die vermiste bruid - R. Hendriks (1959)Draers van onheil - R. Hendriks (1959)
49. Die vermiste bruid - R. Hendriks (1959) 50. Draers van onheil - R. Hendriks (1959)

Die skat van Hans Hanssen - R. Hendriks (1959)Spanning op blinkklip - R. Hendriks (1959)
51. Die skat van Hans Hanssen - R. Hendriks (1959) 52. Spanning op blinkklip - R. Hendriks (1959)

Die stryd van Elsa Oelrich - R. Hendriks (1959)Die verwoester - R. Hendriks (1959)
53. Die stryd van Elsa Oelrich - R. Hendriks (1959) 54. Die verwoester - R. Hendriks (1959)

Waar die kraai waak - R. Hendriks (1959)Die wolf - R. Hendriks (1959)
55. Waar die kraai waak - R. Hendriks (1959) 56. Die wolf - R. Hendriks (1959)

Sluipers in swart - R. Hendriks (1960)Wolwe in skaapsklere - R. Hendriks (1960)
57. Sluipers in swart - R. Hendriks (1960) 58. Wolwe in skaapsklere - R. Hendriks (1960)

Die halfmaanspoor - R. Hendriks (1960)Die skatte van Oewerplaas - R. Hendriks (1960)
59. Die halfmaanspoor - R. Hendriks (1960) 60. Die skatte van Oewerplaas - R. Hendriks (1960)

Skat van bloed - R. Hendriks (1961)Die kluisenaar van Laaste Rus - R. Hendriks (1961)
61. Skat van bloed - R. Hendriks (1961) 62. Die kluisenaar van Laaste Rus - R. Hendriks (1961)

Bloed oor die Molopo - R. Hendriks (1961)Job van Babelskop - R. Hendriks (1961)
63. Bloed oor die Molopo - R. Hendriks (1961) 64. Job van Babelskop - R. Hendriks (1961)

Die perdedief van Grootrivier - R. Hendriks (1961)Die plaasstelers - R. Hendriks (1961)
65. Die perdedief van Grootrivier - R. Hendriks (1961) 66. Die plaasstelers - R. Hendriks (1961)

Slagoffers van die Richtersveld - R. Hendriks (1961)Wit Koning van die Boesmans - R. Hendriks (1961)
67. Slagoffers van die Richtersveld - R. Hendriks (1961) 68. Wit Koning van die Boesmans - R. Hendriks (1961)

Sandpad van die dood - R. Hendriks (1961)Huis onder die kranse - R. Hendriks (1962)
69. Sandpad van die dood - R. Hendriks (1961) 70. Huis onder die kranse - R. Hendriks (1962)

Die spookruiters - R. Hendriks (1962)Wandelaar in die nag - R. Hendriks (1962)
71. Die spookruiters - R. Hendriks (1962) 72. Wandelaar in die nag - R. Hendriks (1962)

Plaas van smart - R. Hendriks (1962)Bloedspoor na die berge - R. Hendriks (1963)
73. Plaas van smart - R. Hendriks (1962) 74. Bloedspoor na die berge - R. Hendriks (1963)

Copyright © 2022 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 4 Oktober 2022